Evita se blackbessie

Deur Evita Bezuidenhout

In ’n wêreld van goeters soos BlackBerrys, iPods en iPhones, ’n stukkie ou tegnologie waarin Evita Bezuidenhout jou help om jou lewe te organiseer. Haar oplossing vir elektromagnetiese verlamming, of net  ’n tegnologies gestremde brein, is ’n notaboek wat jou sal help om jou lewe met humor en vreugde te organiseer. Hierdie boek is veel meer as ’n joernaal en is propvol vermaak, pittighede en praktiese raad, saam met ’n oorvloed prettige foto’s van Evita. ’n Ideale geskenk vir Moedersdag of enige ander dag, van die mees geliefde wit vrou in Suid-Afrika.

Oor die outeur

Evita was vir jare lank die agtermekaar Suid-Afrikaanse ambassadrise na die tuisland Babetikosweti. In die nuwe Suid-Afrika is sy steeds die bekendste en besigste wit vrou en bestuur sy haar familie, loopbaan en sosiale kalender met grasie en effektiwiteit. In 2010 was haar topverkoper-kookboek, Evita se kossie sikelela, op die kortlys van die Franse Gourmand-prys. Pieter-Dirk Uys, een van Evita se bewonderaars, woon in Darling. Dié internasionaal gevierde dramaturg, akteur en aktivis is talle kere vir sy werk sowel op as af van die verhoog af bekroon. Hy het oor dekades bekend geword vir sy eenmanvertonings hier en in die buiteland, met ritse onthoubare karakters. Hy werk reeds jare lank onvermoeid in die veld van vigsvoorligting onder jong mense, kiesersopvoeding en gemeenskapsontwikkeling.

Uitgewer: Random Huose Struik/Umuzi
Prys: R180*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.