God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16).
In haar kort, motiverende boodskap aan lesers vertel Benescke Janse van Rensburg die storie van ʼn lugmagkapelaan wat sy lewe gegee het om ander passasiers te red. Net so het God byna 2 000 jaar terug sy lewe opgeoffer sodat ons, sy kinders, kan bly lewe.
Mag ons dan in hierdie Kerstyd onthou God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste seun vir ons gegee het, sodat ons nie verlore hoef te gaan nie, maar dat ons die ewige lewe kan beërf.
Terwyl ons by tafels aansit wat kreun onder die kos en lag saam met ons familielede en geskenke oopmaak, mag ons dan onthou wat die grootste geskenk is wat die mensdom jare gelede op Kersdag ontvang het.
En mag ons vir God dankie sê dat Hy bereid was om sy seun vir ons te gee sodat ons werklik vandag nog ʼn lewe in oorvloed kan hê.
Luister hier na Benescke se Kersfeesboodskap:
- Benescke Janse van Rensburg is die skrywer van Wysheid: Oordenkings oor Spreuke wat deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee is.