Fyn porselein

Helena Hugo

Ouma Anna, ma Ann en kleindogter Mariëtte neem bestek op van hulle lewe. Elkeen meen dat haar lewe, soos die stand van teeblare onderin ’n koppie, so heel anders as die ander twee s’n verloop het. Maar wie kan weet? Elke lewe, fyn soos ’n porseleinteekoppie, kan so maklik breek. Met diepgaande insig en ’n sterk sin vir die ironiese verken Hugo in hierdie roman jeug en ouderdom, voorkennis en nakennis en onbegrip tussen die generasies, en laat die leser met verwonderde ontroering. Uit die heel gewoonste gegewe verken sy met hierdie roman ’n vraagstuk so oud soos die mensdom: Kan ’n ander mens – selfs dié naaste aan jou – ooit ten volle geken word?

Oor die outeur
Helena Hugo skryf en regisseer radiodramas en het al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-radiodramakompetisie gewen; haar radiowerk is ook al met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon. Sy het haar loopbaan as aktrise begin, maar ná haar troue tuis gebly om kinders groot te maak. Deesdae skryf en vertaal sy voltyds. Sy is lief vir mense en soek ervarings wat haar lewe kan verryk. Dit kan enigiets wees van tuinmaak tot reis. Haar lewensmotto is: Gebruik wat jy het en leef vandag. Die lewe is te kort om te wag tot later. Sy en haar man woon in Ruimsig, Roodepoort en hulle het drie kinders.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R170,00*
* Prys onderhewig aan verandering

Bloedsusters is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek hulle webblad http://www.lapa.co.za/Web/Tuis/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.