Galgmeisie

Jean-Claude van Rijckeghem en Pat van Beirs

Antwerpen 1582. Die veertienjarige dief en inbreker Gitte Niemandsdogter word deur ’n stadswagter gearresteer, en sy word ter dood veroordeel. Sy ontsnap net-net aan die galg deur die onderbalju daarvan te oortuig dat haar pa ’n Spaanse hertog is. Hy is boonop die raadgewer van koning Filips die Tweede. Die Nederlande is in oorlog met Spanje, en in ruil vir haar lewe moet Gitte spioeneer vir die Nederlandse prins van Oranje. Sy gaan na Sevilla en sal al haar lis en vernuf moet aanwend om die hertog se strategiese seekaarte te steel. Maar hoe langer Gitte in Sevilla is, hoe meer hou sy van die stad en van die hertog. Wanneer sy die elegante don Domingo ontmoet, raak sy dolverlief. Sy probeer alles in haar vermoë om van haar opdrag ontslae te raak …

Met Galgmeisie het die suksesvolle skrywerspaar Jean-Claude van Rijckeghem en Pat van Beirs weer ’n boeiende historiese roman geskep. Hulle eerste roman Jonkvrou het ongeveer al die pryse gewen wat ’n boek in die Lae Lande kan wen. Galgmeisie het die Boekenleeuw 2011 – die prys vir die beste outeur(s) van kinder- of jeugliteratuur – gewen.

Oor die outeur:
Die skrywerspaar Jean-Claude van Rijckeghem en Pat van Beirs is tydens die filmfees van Cannes in 2008 bekroon vir die draaiboek van die film Aanrijding in Moscou. Jean-Claude en Pat is ook die skrywers van die jeugboeke Duivelsoog, De zevende sluier en Galgenmeid.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.