Gekoester in God se liefde

Milanie Vosloo

Die media se ideale prentjie van vandag se vrou is iemand met die verstand van Einstein, die hart van moeder Teresa en die lyf van ’n supermodel. Gelukkig is daar een plek waar ’n vrou maar net vrou kan wees. Dit is in die liefdevolle arms van ons hemelse Vader. Hy het jóú lief … net soos jy is! In die 40 dagstukkies van Gekoester in God se liefde help Milanie Vosloo vroue om weer in hulself te glo en te weet hulle kan ander inspireer. Verder fokus die dagboek op gesonde verhoudings, vreugde, sukses, heel-wees, God se wil en hoe jy elke dag optree. Elke dagstukkie bied ook ’n gedagte om oor na te dink of ’n uitdaging om lesers se lewe met vreugde te verryk. In Gekoester in God se liefde oortuig die skrywer vroue dat hulle saam met die Vader van vreugde elke toneel van hul lewe met ’n glimlag kan verf. God wil hulle help om hul aardse bestaan positief en met verwagting te leef.

Oor die outeur
Milanie Vosloo verstaan die hart, siel en lewensdilemmas van vandag se vrou. Vandaar haar gewildheid as skrywer en openbare spreker. Sy is die afgelope 26 jaar die Besturende direkteur van haar eie reklameagentskap, Uppe Marketing, wat onder haar bekwame leiding al verskeie toekennings vir uitmuntendheid behaal het. Sy is die afgelope 7 jaar die vroueskrywer van die e-kerk (www.ekerk.co.za) en hanteer verder die rubriek “Siel van ’n vrou” in die tydskrif Lééf.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R39,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.