Gekroon tot diens

Gekroon tot diens – Bybelse beginsels en riglyne vir bestuur
MN Hermann

Die meeste mense is op een of ander manier by bestuur betrokke. Sommige bestuur op beperkte skaal, ander tree op as professionele bestuurders van groot besighede of instansies, klein state en wêreldstate.

Bestuur beïnvloed die lewens van alle mense en het ‘n effek op ons totale omgewing. Daar is duisende boeke en artikels daaroor geskryf. In hierdie boek probeer die skrywer vasstel welke beginsels en riglyne oor bestuur in die Bybel gevind word. Sy praktiese ervaring, waar hy vir baie jare betrokke was by die bestuur op verskillende vlakke van ‘n multi-miljoen Rand besigheid, bring verdere interessante insigte.

Die beginsels van bestuur is van kernbelang. Belangrike beginsels, wat uit die Bybel na vore kom, is roeping, die dryfveer van bestuur, gesag en mag en visie. Daar word verder deeglik gekyk na die funksies van bestuur, hoe daar bestuur moet word en hoe nie.

In hierdie tyd van wêreldwye politieke en finansiële krisisse, sowel as wanbestuur en korrupsie op byna alle gebiede in Suid-Afrika en ander lande, bied hierdie boek veel om oor na te dink en na te volg, selfs vir nie-Christene. Dit is ‘n boek om te lees en weer en weer te herlees.

Oor die outeur:
Die skrywer is ‘n Pretorianer van geboorte en reeds vir 40 jaar ‘n Vrystater. Hy het aan die Hoërskool Wonderboom gematrikuleer, die grade B.Sc en M.Sc in Landbou aan die Universiteit van Pretoria verwerf en sy Doktorsgraad in Mikrobiologie, Magna Cum Laude, aan die Universiteit van Kiel in Duitsland. Na verskeie navorsings-, bestuurs- en ander leiersposisies was hy, tot by sy aftrede, Uitvoerende Voorsitter van Clover SA en Uitvoerende Hoof van NCD.

Uitgewer: Griffel
Prys: R165-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.