Gesels saam met die skrywer van ‘Valsrivier’

boeke

Foto: Likeisaidlady.com

Ongeveer 20 leeskringe van Pretoria en omstreke kom op 6 Mei by die NG Kerk Faerie Glen bymekaar om deel te neem aan die jaarlikse Glenstantia Leeskring-byeenkoms. Vanjaar se byeenkoms bestaan uit ʼn gesprek tussen die bekroonde skrywer, Dominique Botha en die letterkundige Thys Human, oor Botha se debuutroman, Valsrivier/False River.

Die Glenstantia Leeskring is een van twintig leeskringe in en om Pretoria en die lede kom die laaste Dinsdag van elke maand by die Glenstantia-gemeenskapsbiblioteek bymekaar en hou jaarliks ʼn groot byeenkoms.

Geesdriftige lesers van Suid-Afrikaanse fiksie kry jaarliks die geleentheid om, as deel van ʼn groter groep, ʼn spesifieke boek te bespreek.

Valsrivier/False River het die Afrikaanse literêre wêreld verower en is ʼn blitsverkoper wat die Jan Rabie-Rapportprys en die Eugène Maraisprys vir die beste debuut van 2014 ingepalm het. Die roman was ook op die kortlys van die Sunday Times in dieselfde jaar.

Prof. Human sal by vanjaar se byeenkoms verskeie aspekte van hierdie liriese roman en die verband tussen skeppende skryfwerk en inspirasie aanraak.

Botha het dié roman geskryf ter voltooiing van ʼn graad in kreatiewe skryfwerk.

Die byeenkoms vind plaas by die NG Kerk Faerie Glen, Glenwoodweg 429, Faerie Glen. Die toegangsfooi is R70 en sluit tee of koffie en verversings in. Die gesprek begin om 14:00.

Daar sal veilige parkering vir besoekers wees, Pretoria-boekwinkels sal verskeie boeke te koop aanbied en gelukkige trekkings vir boekpryse is ook deel van die verrigtinge.

Vir meer inligting, of om jou bywoning te bevestig, kontak die kantoor by 012 998 2555 of 072 599 5577 of stuur ʼn e‑pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.