Gesogte ATKV-Woordveertjies vir presteerders

Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 9 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangebied word. Tydens hierdie prestigegeleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon. ’n Uitgesoekte groep gaste sal getrakteer word met spesiale spyse, pryse en woordvermaak.

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:

ATKV-Prosaprys

  • Padmaker – Christine Barkhuizen le Roux (Human & Rousseau)
  • Abel se ontwaking – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Etosha – Piet van Rooyen (Human & Rousseau)

Prys vir Liefdesroman

  • Vier seisoene kind – Wilna Adriaanse (Tafelberg)
  • Somersneeu – Helene de Kock (Human & Rousseau)
  • Pérsomi – Irma Joubert (Tafelberg)

Prys vir Poësie

  • Toevallige tekens – Martjie Bosman (Protea Boekhuis)
  • Wat die water onthou – Louis Esterhuizen (Protea Boekhuis)
  • Ligloop – Tom Gouws (Human & Rousseau)

Prys vir Romanses

  • Anderkant die volmaan – Ettie Bierman (Satyn)
  • Margot en die meerman – Anita du Preez (Satyn)
  • Lied in jou hart – Jacolet van den Berg (LAPA Uitgewers)

Prys vir Spanningslektuur

  • Abel se ontwaking – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Spoor – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  • Vuurvreter – Leon van Nierop (LAPA Uitgewers)

Prys vir Dramateks

  • Babbel – Nicola Hanekom
  • Lot – Nicola Hanekom
  • Swerfgoed – Bauke Snyman

Woordwystoekenning

  • My HAT Storiewoordeboek – Redakteur: Linda Rode (Pearson)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.