Glam-Divas: Didi

Solet Scheeres

Wat gaan ek doen? My maag maak ‘n groot draai. Ek is nie ‘n natural born lady nie. Die laaste keer toe ek hoëhakskoene gedra het, het dit kort duskant ‘n ramp geëindig. En my pa is ‘n taxibestuurder, nie ‘n miljoenêr met ‘n miniatuur-paleis vir ‘n huis nie. Hlomla Khuni se pa is ‘n bekende sokkerspeler en sy ma is ‘n beroemde aktrise. So, hoe op aarde het dit gebeur dat hy my date vir die Meidans is?

Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ‘n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Toe Didi voorspel die tweede kwartaal gaan vervelig wees, het sy geen benul gehad hoeveel drama die komende Meidans gaan oplewer nie. Wat is Hlomla Khuni se storie? Hou hy regtig van haar? En hoe gaan sy haar pa oortuig dat Hlomla nie net ‘n bedorwe rykmanskind is nie? Boonop is daar ‘n nuwe meisie in die skool wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewe te versuur. En dit lyk of dinge tussen Talie en haar ou ook ernstig begin skeefloop…

Die reeks:
1. Glam-divas: Talia
2. Glam-divas: Didi

Oor die outeur:
Solet Scheeres is die skrywer van die gewilde Klub 17-reeks vir tieners, wat van 1998-2000 gepubliseer is. Sy word gereken as ‘n kenner van Suid-Afrikaanse kinderboeke, en haar stokperdjies sluit lees, tuinmaak en die versamel van verskillende uitgawes van Alice in Wonderland in. Voordat sy in 2004 saam met haar man en drie kinders na Nederland geëmigreer het, het Solet by die SABC gewerk, waar sy onder meer ‘n reeks programme met die oog op geletterdheid ontwikkel het en ‘n boekinsetsel aangebied het. Sy was ook ‘n deeltydse dosent aan die Universiteit van Johannesburg. Solet sê sy is versot op boeke vir kinders en tieners omdat hulle ‘n opregtheid het wat volwasse lesers nie noodwendig mer geniet nie.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae