Glinstergids vir meisies

Wendy Maartens

Wil jy jou verbeelding vrye teuels gee om iets spesiaal op te tower? Jou eie liedjies soos `n superster skryf en sing? Pragtig, gesond en gelukkig wees? `n Pajamapartytjie vir jou maats reël? Glinstergids is propvol prettige planne en asemrowende aktiwiteite om jou soos nog nooit te vore nie te laat skitter nie!

Oor die outeur:

Wendy Maartens woon in Somerset-Wes waar sy, haar man en hul katte ‘n liefdevolle en vreedsame bestaan voer. Sy put vreugde uit die klein dinge in die lewe en is ontsettent dankbaar vir haar vriende en familie. Haar werk sluit in Lena se bottelboom, ‘n Ster met strepe en Sprokies en ander gunsteling-stories.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.