God se raadsplan in Christus

God se raadsplan in Christus neem jou op ʼn opwindende ontdekkingsreis deur die Bybel. Die plan van God het talle fasette, waaronder die verlossing van mense in Christus, die Kerk se rol en plek, Israel en die nasies, asook baie profetiese aspekte wat in die eindtyd in vervulling sal gaan. God se raadsplan bereik sy hoogtepunt in die koninkryk van God wat op aarde opgerig sal word, met Christus as koning.

Die manier waarop God sy raadsplan tot verwesenliking gaan bring, word in die onvoorwaardelike Bybelse verbonde en profesieë uitgespel. In die volheid van die tyd sal alles onder Christus verenig wees en Hy sal oor die aarde heers. Maar dit gaan eers gebeur ná die verdrukkingstydperk, na afloop van die ‘tye van die nasies’, ná die 75 dae-interval, in die eskatologiese ‘dag van die Here’. God se raadsplan vir sy skepping strek dus van voor die grondlegging van die wêreld af tot in die nuwe hemel en die nuwe aarde.

In God se raadsplan in Christus kan jy ontdek hoe alles in en deur Christus vervul gaan word. Sodra jy die geheelbeeld het, kan die boek jou help om te sien waar jy in God se raadsplan pas. Ons nader die einde van die Kerk-era — en die wêreld stoom voort na die komende verdrukkingstydperk. Verskeie prosesse is vandag reeds aan die gang om die wêreld in gereedheid te bring vir die vervulling van Bybelse eindtyd-profesieë. Die Bybel praat ongetwyfeld oor die tye waarin ons leef, want skaduwees van wat in die toekoms gaan gebeur, val nou reeds op die wêreldtoneel. Raak bewus van wat God nou doen en wat God nog gaan doen. Dan sal jy sien hoe dit jou raak en wat die Bybel sê gaan in die toekoms gebeur.

Daar bestaan nie ʼn Afrikaanse boek soos dié oor God se wonderlike raadsplan in Christus nie. Daar sal waarskynlik ook nie binnekort nog so ʼn boek verskyn nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: in Suid-Afrika het Bybelkennis oor die eindtye (eskatologie) ongelukkig tot ʼn groot mate verlore geraak. Een tragiese gevolg hiervan is dat baie Afrikaanssprekendes min weet van die Bybelse profesieë. Jy kan egter ontdek hoe God eindtyd-profesieë in en deur Christus in vervulling gaan bring.

FaithEquip gee God se raadsplan in Christus uit. Die skrywer, Jaco Scholtz, is ʼn teoloog (MTh [Nuwe Testament]), navorsingsgenoot by Maties, skrywer van ʼn tiental geakkrediteerde artikels, blogger by FaithEquip en ʼn beleggingskundige (GR[SA], CFA). Jaco is met Veronica getroud.

Koop die boek by Graffiti Boeke, Wordsworth Somerset Mall (021 852 5516) en Wordsworth Willowbridge (021 914 1791). Jy kan ook die boek by FaithEquip bestel en die boek sal dan vir jou gekoerier word. Koop die digitale weergawe van die boek op Kindle by Amazon.

Besoek gerus die webblad van God se raadsplan in Christus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.