Goeie nuus: Plaaskinders kry mobiele biblioteek

Plaaskinders-kry-mobiele-biblioteek

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Plaaskinders van die Rawsonville-omgewing in die Wes-Kaap het toegang tot 5 000 boeke en rekenaars te danke aan ʼn mobiele biblioteek wat deur wynkelders in die omgewing geskenk is.

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, was verlede week die gasspreker tydens die bekendstelling van ‘n mobiele biblioteek en rekenaarlokaal wat nege plaasskole in dié streek gaan bedien. Zille het tydens die oorhandiging van die biblioteek ʼn beroep op die sakesektor gedoen om vennootskappe met die regering te sluit om opvoeding in landelike gemeenskappe uit te brei.

Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.