Grappe van A-Z

Maritha Snyman

Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt Hoekom ry die ryk blondine ’n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. ’n Bielie van ’n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS’e.

Oor die samesteller
Maritha Snyman is op 8 Junie 1952 gebore en het in Pretoria groot geword en skool gegaan. Na skool studeer sy aan die Universiteit van Pretoria waar sy in 1973 haar B.A., 1974 haar B.A. Hons. Afrikaans en in 1976 H.O.D. behaal. Sy begin haar loopbaan as onderwyseres by Die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria en daarna hou sy vir ‘n tyd lank skool by Waterkloof Hoërskool. Maritha het ‘n passie vir Afrikaans. In 1987 behaal sy haar M.A in Afrikaans. Sy is aanvanklik navorsingsassistent by die Universiteit van Pretoria en in 1984 word sy aangestel as deeltydse junior dosent. Sy behaal in 1993 haar D.Litt. Vanaf 1992 is Snyman voltyds verbonde aan die Universiteit van Pretoria waar sy in 2007 as professor bedank en as Besturende direkteur van LAPA Uitgewers aangestel word. Sy woon in Pretoria saam het haar man, Braam. Hulle het vier kinders: Louw, Henk, Danielle en Ronel.

Uitgewer: Lapa
Prys: R80*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.