Grilbrigade

Fanie Viljoen

“Wie is Tom regtig?” wonder Buks. ’n Mens bars tog nie sommerso by mense se huise in om monsters te vang nie. Hy kyk na die netjiese rooi uniform. Tom dra ook ’n rugsak. ’n Ronde kenteken op die sak vang Buks se oog. Grilbrigade staan op die teken. Is dit iets soos ’n polisie-eenheid wat monsters vang . . .?

Drie lekker grillerige stories waarin Buks die Grilbrigade help om van monsters, spoke, zombies, en allerhande nare goed ontslae te raak, maar nie sonder ’n paar benoude oomblikke nie.

Oor die outeur:
Boeke wat reeds gepubliseer is: Klits Kronkel en die vlammende swaard (Tafelberg), Spookstories en ander gruwelike goed (H&R) Geraamte in die klas – MER-prys vir kinderlektuur (H&R), Miserella (H&R). Vir sy boek Breinbliksem (Tafelberg) het hy goud gewen in die Sanlam Skryfkompetisie vir jeugverhale en vir Onderwêreld silwer die volgende jaar. Hy kry ook die MER-prys vir jeugfiksie vir Breinbliksem. Sy voorjongste titel is Kaptein Hamerkophaai (Tafelberg).

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R99-95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.