Goed om te onthou:
• Ware liefde wil die beste hê vir die ander persoon. Verliefdheid soek net die
ander persoon! – Margaret Anderson
Gelukkig is albei ewe lekker! Onthou net, seerkry is nie sleg nie, dit herinner jou
daaraan dat jy liefhet – en dít is altyd ‘n goeie ding.
• Waar liefde is, is jou huis. ‘n Huis waaruit jou voete kan loop, maar nooit jou
hart nie. – Oliver Wendell Holmes.
Elke mens moet ‘n huis hê. Waar is joune?
• Liefde is soos pi – natuurlik, irrasioneel en baie belangrik. – Lisa Hoffman.
Wat help dit om te wonder en vra oor die liefde, wees dit net!
Vir meer inligting oor die boek klik hier of om nog ‘n uittreksel te lees klik hier.