Groete, Fran

Cindé Mostert

Groete, Fran is ‘n boek wat in maande gedeel is. Die idee is dat die leser die boek maand vir maand lees.
Die inhoud is tipes aan die maand, bv. Februarie gaan oor liefde. Dan is daar:
– ʼn Brief van Fran, en ʼn plek waar die leser haar antwoord;
– Dinge om in Februarie te doen;
– Goed om te onthou (Fran se gunsteling aanhalings);
– ʼn Resep (Fran se wenner vir die maand);
– Foto’s van Fran se vriendinne en ʼn plek waar die leser self ʼn foto moet plak;
– ʼn Kortverhaal;
– ʼn Ware verhaal oor ʼn Vrystaat Versorging in Aksie (VVA)-vrywilliger;
– Liefdadigheidsdinge om in Februarie te doen; en
– Fran se blog en ʼn plek waar die leser kan blog.

Hierdie boek is net beskikbaar by VVA-takke en op die internet vir die mense wat nie naby ʼn tak woon nie.

Die inkomste vir die boek word vir liefdadigheid aangewend (R50 van die omslagprys gaan direk in kontant na die VVA-tak waar die boek verkoop word en R50 van boeke wat op die internet verkoop word, gaan na die VVA-hoofkantoor. Die fondse sal dan waar nodig aangewend word. ‘n Verdere R50 van die omslagprys word in die Fran Trust inbetaal. Dié trust is opgerig vir die sogenaamde “finansieel onsigbare mense”. Daar is genoeg mense wat pap uitdeel – die staat sorg vir die armes. En die banke kyk na die ryk mense. Maar iewers tussenin is daar vroue wat die leiers van môre grootmaak sonder ʼn finansiële vangnet. Dikwels is hulle enkelouers wat voldag werk met ʼn salaris van ʼn paar duisend rand. Soos net ʼn vrou kan, kom hulle elke maand net-net met hulle geld uit. Maar dan land ʼn kind in die hospitaal, of ʼn motor gee in. En weg is daardie net-net genoeg geld. Dikwels verloor daardie vroue dan alles … net omdat hulle ʼn paar maande nie genoeg geld gehad het nie.

En dit is waar die Fran Trust inkom. Om daardie mense te help. Die Fran Trust beoog om dan om te sien na voertuie aflos, studies betaal, hospitaalrekeninge, huurgeld, ens. Al die kriteria sal na die onderskeie takke gestuur word tesame met aansoekvorms.

Die belangrikste om te weet is dat die vroue wat die Fran Trust graag wil help nie afhanklik is van toelae nie. Dit is jou buurvrou of jou vriendin. Daardie vrou wat altyd lipstiffie aan het en al meer glimlag – hoe harder die wêreld haar druk. Dis daardie vrou wat elke oggend haar hare kam en haar beste klere aantrek, al het sy nagte laas geslaap. Dis daardie vrou wat vir die skool sal staan en pannekoek bak al sit sy sonder ʼn sent in die bank. Jy ken haar. Nou weet jy hoe om haar te help.

Vir ‘n uittreksel uit die boek, klik hier en hier.

Uitgewer: Unleashed Terminology
Prys: R180-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Om die boek te bestel:
Vrystaat Versorging in Aksie
Tel.: 051 444 6143
Melvilleweg 100
Bloemfontein
Webtuiste: www.freestatecare.co.za
Facebook-blad: http://www.facebook.com/pages/Fran/256884394358896

Unleashed Terminology
Posbus 117
Lady Grey
9755

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.