Grond/Santekraam

Ronelda S Kamfer

Met dié nuwe bundel verse vestig Ronelda S. Kamfer haarself opnuut as hoogs talentvolle en dénkende digter in Afrikaans. Die landskappe Klippenkust en Skipskop figureer in dié gedigte, en ook die karakters Klippie Klip-kop en Sara-Slim-meisie, en Herrij Autshumao en Van Riebeeck. Skeepswrakke onderwater word simbool van verledes wat nooit opgediep is nie. En “oorvertel” van die geskiedenis word uiteindelik “andervertel”, met ironie, fyn humor en ’n spel met taal. Grond/Santekraam is ‘n uitsonderlike bundel, en verreik die huidige kanon van Afrikaanse poësie.

Oor die outeurRonelda Sonnet Kamfer is op 16 Junie 1981 in Kaapstad gebore. Sy bring haar grootwordjare deur in Blackheath en Grabouw, en in 1999 matrikuleer sy aan Eersterivier Sekondêr. Sy was al verpleegster, kelner en administratiewe assistent by ’n bemarkingsmaatskapy. Van haar gedigte is opgeneem in Nuwe stemme 3, My ousie is ‘n blom, en Bunker Hill. Haar debuutdigbundel, Noudat slapende honde, verskyn in 2008, en word in Nederlands uitgegee deur Podium. In 2009 word die Eugène Maraisprys aan haar toegeken, tesame met die digter Loftus Marais. Die skrywer verwerf haar honneursgraad in Afrikaans/Nederlands by UWK in 2011.

Uitgewer: Kwela Boeke
Prys: R160,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.