Grootword-gidse vir seuns en meisies

’n Grootword-gids vir seuns

Dié boek is ’n vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader.

Die boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hulle grootword en berei hulle voor om te verstaan hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Dit dek onderwerpe soos al daardie hare wat oral begin uitkom, die stem wat iewers gaan breek, die buie en selfvertroue, of die gebrek daaraan, by seuns wat nie meer ’n kind is nie en skielik die wêreld van manwees moet aandurf.

Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normaal” is, verbeter jong lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul sal gaan ondergaan tydens puberteit.

Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en baie belangrike inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

’n Grootword-gids vir meisies

Dié boek is ’n vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader.

Die boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hulle grootword en berei hulle voor om te verstaan hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Dit dek alles van menstruasie en die ontwikkeling van borste, tot die hare op haar lyf en persoonlike higiëne vir meisies.

Anika Naik behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normaal” is, verbeter jong lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit.

Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en baie belangrike inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Daar is meer gratis inligting beskikbaar op google search, boeke raak uit die mode, tegnologie het oorgeneem en is meer toeganklik vir almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.