Haasmoles

haasmoles (1)Jaco Jacobs

Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!

Oor die outeur
Jaco Jacobs is op die Karoodorpie Carnarvon gebore en het daar grootgeword. Ná skool het hy B.A. (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. In 2001 het sy eerste kinderboek, Troetelgedrog, by LAPA Uitgewers verskyn. In 2002 het hy sy honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die UV voltooi. Hy was daarna redakteur van JIP en die boekeblad by Volksblad in Bloemfontein, en deesdae is hy uitgewer van kinder- en jeugboeke by LAPA Uitgewers.

Sy skryfwerk is reeds bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhouttoekenning, die MML-letterkundeprys, die Elsabe Steenbergprys en agt ATKV-kinderboektoekennings. Benewens kortverhale, rubrieke, vertalings en joernalistieke werk, het meer as 40 kinder- en jeugboeke reeds uit Jaco se pen verskyn.

Uitgewer: Lapa
Prys: R90-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.