Hartepad

deur Gerrit Rautenbach

Watter soort pad is ʼn hartepad? Is dit bloot ʼn pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ʼn mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gesê “travel is glamorous only in retrospect”), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het.
Elke verhaal in hierdie bundel is ʼn reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie – dit neem jou op ʼn emosionele reis ook. ʼn Tipe reis na binne. Daar’s baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook stories wat ʼn lagreis word sonder om ʼn grap te vertel. Dit gaan nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis. Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis. Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees vir ʼn storie wat besig is om rondom jou af te speel. Want elke reis word ʼn storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur Afrika tot in Mama se kombuis in Napels.

Oor die outeur:
Gerrit Rautenbach is ʼn onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke geslaap het. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimanjaro. Die diep Namib. Hy het al meer as 20 reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit om oor die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië te berig.

Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ʼn aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ʼn keer ʼn olifant sy lemoene uit sy daktent gevreet. Terwyl hy besig was om ʼn storie te skryf. In die tent. Deesdae bly Gerrit saam sy geliefde KTM-motorfiets op stellenbosch. Soms…
Sy kortverhaalbundel Kopreis het in 2011 verskyn

Uitgewer: nb Uitgewers
Prys: R185-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.