Hendrik Leerdam: Seereis na die Kaap

deur James Home en Peter Mascher

‘n Strokiesverhaalboek oor die Leerdam-gesin, wat saam met Jan van Riebeeck op die Drommedaris uit Holland na die Kaap vertrek. Pa Gerhardus, ma Cornelia, kleinsus, oudtse seun Hendrik, diensmeisie Nadja, die boerboel Domkrag, en die Friesperd Runnik gaan almal aan boord. Die reis ter see is vol anvontuur: hulle trotseer storms, dan doldrums, ‘n seerowerskip wat hulle aanval omdat hulle meen daar is skatte aan boord, en selfs ook ‘n Hollandse spookskip…
Hulle reis eindig met die aankoms aan die Kaap, wat Hendrik grootoog laat wonder: “Stroms, skeurbuik, sonbrand en seerowers…ek wonder watter nuwe avonture wag vir ons hier?”
Teen die agtergrond van die werklike gebeure word Hendrik en sy gesin se fiktiewe avonture vertel.
Die idee vir die boek het uit ‘n ouma se frustrasie ontstaan. Hoe gemaak om ons verlede lewend te hou en aan kleinkinders oor te dra? Om dit toeganklik vir die jonger lersers te maak het die skrywer en illustreerder dit as ‘n volkleur strokiesverhaal ontwikkel, met geskiedenis as die agtergrond van ‘n avontuur soos beleef deur die oë van ‘n jong seun.

Oor die outeur:
James Home is ‘n biokinetikus wat in Table View praktiseer. Na studies aan die Universiteit van Stellenbosch en Kaapstad en ‘n internskap onder prof. Tim Noakes het hy vir twee jaar as fisioloog in hospitale in Engeland gewerk, waar hy sy meestersgraad aan die Universiteit van London behaal het. Hy woon in Melkbosstrand.
Peter Mascher bly ook in Melkbosstrand, Kaapstad. Hy het 10 jaar lank die spotprent vir onder meer die koerante Beeld, Citizen en Daily Dispatch geteken. Tans doen hy vryskutillustrasiewerk, asook spotprente vir verskeie publikasies. Hy teken ook karikature op sakegeleenthede en troues. Die skrywer en illustreerder het mekaar by ‘n kinderpartytjie raakgeloop, aangesien hul jongste dogters klasmaats is. Die res is, soos daar graag gesê word, geskiedenis.

Uitgewer: nb Uitgewers
Prys: R140-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.