Here en Boere: Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712

Karel Schoeman

In die vyfde en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap word die opbloei van die VOC se vestigingskolonie aan die Kaap gedurende meer as ’n kwarteeu onder die twee Van der Stels beskryf, met die groeiende welvaart wat dit gekenmerk het en die eerste tekens van ’n eie koloniale kultuur onder die blanke bevolking. In die eerste drie hoofstukke word Simon van der Stel se jeugjare op die eiland Mauritius en later in Batavia, sy verblyf in Nederland en sy aanstelling in 1677 as goewerneur van die Kaap bespreek. Die opkoms van ’n elite, hulle sosiale bedrywighede en die ontwikkeling van ’n koloniale kultuur aan die jong kolonie kom daarna aan die bod. Die laaste twee hoofstukke word gewy aan die omstrede en ongewilde goewerneurskap van Wilhem Adriaen van der Stel, wat sy vader in 1699 opgevolg het en in 1707 teruggeroep is na Nederland. Met die dood van Simon van der Stel in 1712 aan die Kaap word die vestigingsera van die kolonie afgesluit.

Oor die outeur:
Karel Schoeman, een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers, het talle romans, novelles, dramatekste en historiese werke geskryf. Sy werk is reeds talle male bekroon, o.a. met die Hertzogprys en die Recht Malan-prys.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R325-00*
*Prys onderherwig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.