Het God begin?

Rassie van Niekerk

Hoe moet Christene dink oor en reageer op aansprake van die wetenskap oor hoe die aarde tot stand gekom het? Is daar nog plek in ons moderne wêreld vir ’n kinderlike geloof van wat in God se Skrif staan? Rassie van Niekerk wil met Het God begin? mense se geloof in God en sy Skrif kom versterk. Hy kom wys eintlik dat geloof en wetenskap nie teenoor mekaar hoef te staan nie, maar mekaar inderwaarheid kan aanvul. Christen-gelowiges kan die wetenskap en die ontdekkings daarvan sien as waardevol, terwyl hulle steeds met ontsag vervul is oor die Skepper wat agter die wetenskaplike prosesse staan. Het God begin? is ’n poging om die positiewe raakpunte aan te toon tussen godsdiens en wetenskap. Dit sal lesers help om opnuut die wonderlike Skepper-God te verheerlik. Die voorwoord is geskryf deur dr. Louw Alberts.

Oor die outeur
Rassie van Niekerk het sy teologiese studies in 1957 aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Hy het sy doktorsgraad in 1982 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Hy is ’n ervare berader wat dikwels sterwensbegeleiding doen en is die outeur van 36 boeke. Rassie is getroud met Ella en hulle het drie kinders.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R59,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.