Hier is die ware Romanza Ridder!

Sean_Tucker_Romanza-Ridder.jpg

Sean Tucker (Foto: verskaf deur Lapa Uitgewers)

Daar was ’n tyd toe mens ’n ridder agter elke bos kon uitskop… ’n Dame het skaars voor ’n plas water in die pad te staan gekom of ’n galante heer het reeds sy baadjie oor die poeletjie neergelê; maar die tye het verander. Moderne vroue het waterdigte skoene en ridders op wit perde is bloot net onprakties. Dit beteken egter nie dat die skoner geslag nie steeds na só ’n man hunker nie.

Dít is waarom Lapa Uitgewers ’n nuwe ridder wou vind. ’n Moderne ridder. Hierdie Ridder het ’n hart van goud, ’n “six-pack” van staal, en kan enige vrou laat swymel met beide sy “looks” én sy persoonlikheid, en sy naam is Sean Tucker!

Lapa het aanvanklik die publiek genooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. Mans kon hulleself ook nomineer.

Sean is genomineer deur Mariska Leibbrandt, ’n vriendin van sy ma. Mariska is ’n kranige Romanza-leser.

“Ek dink enige vrou sal hom op ’n voorblad wil sien en die boek koop,” het Mariska geantwoord op Lapa se vraag waarom sy besluit het om Sean te nomineer.

Sean gaan binnekort op ’n Romanza-voorblad verskyn en hy wen ook R15 000! Daar is ook ’n aantal ander optredes wat beplan word rondom hierdie moderne Ridder.

Hoe voel hý oor al die aandag? Sean is baie opreg dat dit ’n eer is om gekies te word. Hy sê egter dit gaan vir hom oor meer as die feit dat hy ’n gesig gaan wees. Vir hom is die konsep van ’n “cover boy” (sy woorde) ook direk gekoppel aan die uitbou van die handelsmerk.

Waar kom so ’n jong man aan soveel wysheid? Sean lag toe vir dié vraag en noem dat hy as ’n eiendomsmakelaar baie met mense moet werk. Sy baas het ook vir hom geleer hoe om mense te laat glo in die produk wat hy verkoop.

Wanneer Sean nie passievol bemark aan sy eiendomme nie, doen hy klank by troues vir ’n ekstra inkomste. Tog, as hy eerlik moet wees, is Sean op sy gelukkigste in ’n tentjie langs die viswater. Daar, in die natuur, vind Sean homself en herlaai hy sy batterye om weer die korporatiewe wêreld in die oë te kyk.

Romanza-boeke is by toonaangewende handelaars, asook direk by Lapa Uitgewers beskikbaar. Sluit gerus ook by die Romanza-klub aan en ontvang twee boeke per maand teen slegs R115-00. Klublede kry ook 30% afslag op alle ander Lapa-boeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

charmaine ·

Mmmmm, Wragtig baie Pragtig! Ek is ook verslaaf aan Romanza boeke en sal beslis op die uitkyk wees vir hierdie spesiale uitgawe! Sy ma is seker baie trots!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.