Boek: Hier kommie Bokke!

Suid-Afrikaners is dol oor rugby en hulle hou daarvan om lekker te lag. Hier kommie Bokke! kombineer twee van Suid-Afrika se gunsteling-tydverdrywe in een skreeusnaakse boek wat gewaarborg is om die lagspiere te prikkel. Daar is gevatte kwinkslae, klassieke sêgoed van toeka se dae en die heel jongste Super 15-grappe. Daar is geen heilige koeie in Hier Kommie Bokke! nie, en almal – van die voorry en agterlyn tot rugby-poppies, skeidsregters, ondersteuners en afrigters – loop deur.

 
Uitgewer: Random House Struik/Zebra Press
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering