Hierdie mens

deur Wilma Stockenström

Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar. Die toonaard is verfrissend speels en lig, die verse meestal kort en gestroop tot die essensie. Die toeganklike verse, gekenmerk deur ʼn ironiese inslag, en fokus op momentopnames tipies van die later lewe. Die bundel staan dan ook in die teken van afskeid neem, en ʼn sterk bewussyn van die onvermydelike naderkom van die einde van die lewe. Met so ʼn gelade onderwerp soos die dood word speels omgegaan. Daar is ʼn duidelike opmerksaamheid oor die proses van ouer word, van swakker word, maar daar is geen swaarwigtigheid, geen tranerigheid. Alles staan eerder in die teken van ʼn ironiese self-beskouing, ʼn beleë aanvaarding van die onontkombaarheid van die slopingsproses.

Oor die outeur:
Wilma Stockenström het vyf romans, sewe digbundels en een drama die lig laat sien. Sy het die Hertzogprys in 1977 ontvang vir haar digbundel Van Vergetelheid en van glans en weer in 1992 vir haar roman, Abjater wat so lag. Die kremetartekspedisie wat in 1981 verskyn het, is egter haar bekendste roman. Ná J.M. Coetzee se vertaling in Engels, gepubliseer in Engeland, word dit ook vertaal in Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus, en binnekort verskyn dit in Turks. In 1988 is die Italiaanse vertaling met die Grinzane Cavour-prys bekroon. Sy het ook ʼn suksesvolle loopbaan as aktrise op die verhoog en in rolprente gehad. Sy woon seder 1993 in Kaapstad.

Uitgewer:NB-Uitgewers
Prys: R150-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.