Hiervandaan

hiervandaanCover.indd

Dana Snyman

Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, dié van sy familie en van sy land.

Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van ’n wit pa en ’n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie “Inkandla” – tuisdorp – en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geëet het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum waar sy oupa se broek nog uitgestal word…

Dana se verhaal is vervleg met die stories van ons almal wat “hiervandaan” is. Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het.

“Die prentjies waarvoor die res van ons nie die oë het nie… verhale wat wiegend – soos Dana se groot ou rooi Valiant – uit die voue van godvergete hoekiesvan die padkaart uitkruie.” Rapport

Oor die outeur
Dana is een van Suid-Afrika se topverkoper skrywers. Hy was joernalis by Huisgenoot en Beeld en Weg se reisredakteur. Tans is hy voltyds skrywer, met gereelde rubrieke in onder meer Beeld en Die Burger. Sy vorige boeke sluit in:

Op die toneel, Human & Rousseau (2009)
Op die agterpaaie, Tafelberg (2008)
On the Back Roads, Tafelberg (2008)
Uit die binneland, Human & Rousseau (2005)
Anderkant die scrap, Human & Rousseau (1999)

Theresa Papenfus van Litera Publikasies het vroeër in haar boekrubriek “Tussen Buiteblaaie” in die aanlyntydskrif Sonder Seëls oor die boek geskryf:
Dana Snyman laat mens altyd voel jy kén die plek waaroor hy skryf. Só is Hiervandaan, sy kort sketse oor ‘n lang reis deur Suid-Afrika. Die dorpe en gehuggies waar hy aandoen, is vol ou herinneringe wat met die nuwe werklikheid vermeng. Die reis word ‘n bestekopgawe van dié land, sy mense, sy verlede en sy ongekarteerde toekoms. Vir almal wat nostalgies, bekommerd of hoopvol oor dié land nadink.

Klik hier om ‘n uittreksel uit die boek te lees.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R175*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.