Hoe cool is dit?

Vertaal deur Jaco Jacobs

Hoe cool is dit? bekyk allerlei verstommende wetenskaplike idees en ontdekkings van naderby. Dit ondersoek die coolste uitvindings en natuurlike verskynsels, van elektroniese ink en robotspeelgoed en iets so eenvoudig soos borrels.

Vind uit hoe die strepies in tandepaste gesit word, verken die wonder van organiese chemie in ‘n kougomborrel, en vergaap jou aan die ongelooflike geometriese patrone van sneeuvlokkies en kristalle.

Perfek vir enigiemand wat nuuskierig en verwonderd is oor ons wêreld en al die cool goed daarin!

Oor die vertaler:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenberg-prys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.