Hoe gemaak met my dikmond kind?

Suzette Truter

Jou kind vra onverwags die ongemaklikste vrae. Jou 10-jarige begin neul oor ’n selfoon. Jy kom agter jou 11-jarige is ’n boelie. Jou dogter is heeldag agter ’n toe deur.

Kry insig oor asosiale gedrag, kinders en tegnologie, magsverhoudinge, aandagafleibaarheid en nog vele meer.

• Eenhonderd vrae, saamgestel uit onderhoude met ouers.
• Toeganklike en praktiese antwoorde, gerugsteun deur kenners.
• Beproefde wenke van ervare ouers.
• ’n Indeling wat die soek na oplossings ’n plesier maak.

Oor die outeur
Suzette Truter is ’n bekroonde joernalis en senior assistentredakteur van die tydskrif Sarie. Sy is getroud en die ma van drie kinders.

Uitgewer: Tafelberg
Prys:R185-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.