Hoe masjiene werk

Jaco Jacobs

Verken die wetenskap agter eenvoudige masjiene en meganismes – van hefbome, ratte en katrolle tot sperratte, kamratte en krukasse. Bou dan jou eie masjiene en ontdek self hoe dit werk.

Hierdie unieke, interaktiewe boek is ‘n moet vir ontluikende ingenieurs! Dit bevat alles wat jy nodig het om 12 werkende modelle te bou. Volg net die instruksies en draai die ratte, stawe en wiele op die geperforeerde werksbank vas. Siedaar, jy is gereed om te ontdek hoe masjiene werk!

Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.