Hoogty

E Kotzé

Al sou sy dit nie graag wou erken nie, volg Helena Burre haar eie kop, nes haar skipper-pa Jas. Wanneer dié oënskynlik ’n stokkie steek voor haar broer se skoolganery op Stellenbosch, besluit Helena om inderhaas terug te keer van Grenspan in die Vrystaat waar sy die afgelope jaar in ’n dokter se spreekkamer uitgehelp het. Maak nie saak dat sy en Chris amper trouplanne gehad het nie … Dis met die terugkoms op Volleminkbaai dat Helena besef wat sy gemis het. En dat sy weer met Auret Nagel te doene kry.

Hoogty is ’n roman deur E Kotzé, kenner van mense, van die see, en van die troebel en helder waters waardeur verhoudings gaan …

Oor die outeur
Ek is gebore op 17 Oktober 1933 op die plaas Langrietvlei in die distrik Hopefield. Ek het opgegroei op Doornbaai, ’n vissersdorpie aan die Weskus waar my pa, Coenraad Walters, verbonde was aan die kreeffbriek van North Bay Canning Company. Ek het laerskoolonderrig ontvang in die eemanskooltjie daar en matrikuleer aan die Hoërskool Vredendal in 1950. Daarna volg ek ’n sekretariële kursus en werk by Sanlam totdat ek in 1954 trou met die skipper, Willie Kotze van Lambertsbaai. Vier kinders is uit ons huwelik gebore: ’n dogter, Marlene, en drie seuns, Petru, Hannes en Oostenwald. Gedurende die tydperk van 1954 tot 1972 het ons op verskeie dorpe aan die Weskus gewoon, nl. Lambertsbaai, Walvisbaai en Houtbaai. Swak gesondheid het ’n einde aan Willie se loopbaan ter see gemaak, en ons vestig ons op die plasie Sunnybrook bo-op die Piketberge waar ons byna twintig jaar lank ’n vrugteboerdery bedryf. Na my man se dood in April 1989 gaan woon ek op Vredenburg, geboorteplek van beide my ouers. Na ses jaar verhuis ek Velddrif toe — ’n skilderagtige dorpie aan die Bergrivier, een van die min plekke aan die Weskus wat nog iets van die karakter van ’n vervloë tyd behou het.

Uitgewer: Kwela
Prys: R210,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.