Boek: Hoop – ons lewensanker

Hoop Boekdeur Adrio König 

Adrio König ondersoek in Hoop ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God sy volk sal onderhou, dwarsdeur die Nuwe Testament tot vandag.

Deur die loop van Hoop ons lewensanker beantwoord Adrio talle vrae wat gelowiges oor hierdie universele tema kan hê. Hy bespreek onder andere:

  • Wat is hoop?
  • Hoop in die Bybel
  • Hoop in die Ou Testament
  • Die besondere nadruk op hoop in Romeine
  • Hoop in die geskiedenis van Israel en die hoop van ’n nuwe verbond
  • Hoop vir ons: vir hier en nou, én vir die toekoms

Hoop ons lewensanker sluit af met die seker wete dat ons hoop nie gegrond is op omstandighede nie, maar in die ewige God.

Oor die outeur:
Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom ’n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vier kleinkinders, Guillaume, Helet, Wiets en Ilani. En almal dien die Here.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169-95*
Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.