Hou by die Blou: 75 Jaar van die Blou Bulle Rugbyunie

hou_by_die_blou

Wim van der Berg

Die Blou Bulle Rugbyunie en sy spanne het oor die eerste 75 jaar sedert die afstigting van die Transvaalse Rugbyvoetbalunie in 1938 gevestig as leier op die veld en in die raadsale. Die Bulls franchise het in dié voetspore gevolg en is die enigste Suid-Afrikaanse span wat die Superrugbykompetisie gewen het – en het die sommer drie keer reggekry!

Hou by die Blou is die verhaal van die besonderse 75 jaar, met sy vreugde en frustrasies. Die boek, wat goed geïllustreer is en heelwat statistiek bevat, beskryf die vroeë rugbydae in Pretoria.

Dis die verhaal van legendes op die vel wat grotes soos Victor Matfield, Naas Botha, Frik du Preez en Bryan Habana insluit; van die administrateurs; van die prestasies van mense soos die president Fritz Eloff en afrigters Buurman van Zyl, Heyneke Meyer, John Williams en Frans Ludeke, en van die personeel en komitees wat onbaatsugtig gewerk het en die toeskouers wat hulle span deur dik en dun bygestaan het.

Hierdie is die amptelike 75 jaar verjaarsdagvieringboek wat deur die Unie onderskryf word.
Ook beskikbaar in Engels as True to the Blue

Oor die outeur:
Wim van der Berg is die besturende redakteur van BLOU, die amptelike tydskrif van die Bulls en die Blou Bulle. Hy is ’n deurwinterde skrywer wat sedert 1969 talle bydraes tot koerante en tydskrifte gemaak het en baie ure op Loftus Versfeld deurgebring het waar hy legendes van klubs, provinsies en internasionale spanne sien speel het.

Hou by die Blou is Wim se sewende rugbyboek en sy derde oor Noord-Transvaal-/Blou Bulle-rugby. Hy is ’n rugbyman in murg en been wat tot op 57 gespeel het; was ’n senior klubskeidsregter, het klubrugby op eersteliga-vlak afgerig; het op verskeie klubkomitees gedien, en was bestuurder en afrigter van provinsiale sewesspanne.

Uitgewer: Lapa
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.