Huberta se Swerftog

Cicely van Straten & Melany Pietersen (ill.)

In hierdie verkorte en vereenvoudigde weergawe van die oorspronklike 1988-uitgawe word die ware verhaal van Huberta die seekoei in fiksievorm oorvertel. Huberta het in 1928 haar 1600 km-lange tog tussen St Lucia en die Oos-Kaap aangepak. In dié tyd het sy mense gaande gehad: waar sou sy volgende opduik?

Nadat sy in KwaZulu Natal so amper gevang is om na die Johannesburgse Dieretuin geneem te word, het sy in Durban aangedoen, waar sy op ‘n strand en by ‘n buiteklub opgemerk is. Sy het na amper drie jaar se stap in 1931 in Oos-Londen aangekom. Ten spyte daarvan dat sy as kroonwild verklaar is, is sy kort daarna deur boere op hulle plaas doodgeskiet. Haar liggaan is in Londen deur ‘n taksidermis gestop, en sy staan nou statig in die Amathole Museum in King William’s Town.

Gebaseer op ware gebeure wat op eie bodem afgespeel het.
Maklike leesboek wat die feite in storievorm aanbied.
Sterk bewaringsboodskap: jong lesers word deur ‘n storie gelei om die tragiese gevolge van mense se inmenging in die gang van die natuur te verstaan.
Lyntekeninge en aantreklike nuwe omslagontwerp deur Melany Pietersen.

Oor die outeur:
Cicely Anne van Straten is op 6 Maart 1947 in Fort Hare gebore. Sy het haar kinderjare in Suid-Afrika, Oos-Afrika, Uganda en Brittanje deurgebring. Haar familie se Afrika-wortels het haar belangstelling in die folklore en mitologie van Afrika aangewakker en dit is duidelik sigbaar in al haar skryfwerk. Cicely se gunsteling-tydverdrywe is stap, tuinmaak en musiek. Sy was getroud met die Afrikaanse skrywer, Ampie van Straten, en het drie seuns. Cicely woon in Somerset-Wes.

Melany Pietersen is een van die stigters van Happy Artworks Studio, ‘n groep vryskutkunstenaars wat spesialiseer in die illustrasie van kinderleesboeke, -handboeke en omslae. Hulle het reeds ‘n groot verskeidenheid handboeke, leesboeke en plakkate vir plaaslike sowel as internasionale uitgewers, soos Heinemann, Vivlia en MML geillustreer. Melany woon in Stellenbosch.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.