Illustreerder ontvang Katrine Harries-toekenning

haasmoles (1)Die gewilde illustreerder Maja Sereda is aangewys as die wenner van die gesogte Katrine Harries-toekenning vir haar illustrasies in die kleuterboek Haasmoles.

Dié toekenning, die enigste van sy soort wat Suid-Afrikaanse kinderboekillustrasies as ’n kunsvorm evalueer, is ’n paar jaar lank nie gemaak nie, maar herleef vanjaar, honderd jaar ná die geboorte van Harries, een van die pioniers van kinderboekillustrasies in Suid-Afrika. Die toekenning word vanjaar terugwerkend toegeken vir boeke wat in die voorafgaande ses jaar verskyn het. Sereda wen die toekenning vir die jaar 2010-2011.

Vorige wenners van die toekenning sluit in illustreerders soos Niki Daly, Joan Rankin, Alida Bothma, Cora Coetzee, Jeremy Grimsdell, Jude Daly en Piet Grobler.

In Haasmoles, geskryf deur Jaco Jacobs, is Simon op ’n dag verveeld, want dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan daag daar onverwags ’n klomp besoekers op wat chaos in die huis saai – ’n klomp lewenslustige, onnutsige hase. Klik hier om meer oor die boek te lees.

Die boek is hier beskikbaar.
Uitgewer: Lapa
Prys: R109-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.