Inkleurboeke:  ‘Wees lig’ en ‘Wees stil’

 Inkleurboek_Wees-Lig.jpg

Inkleurboek: Wees lig

Sit ’n bietjie kleur in jou lewe! Vir lesers wat wil wegbreek van die alledaagse en net weer rustig wil raak, lê daar ure se ontspanning opgesluit in Wees lig en Wees stil. Albei inkleurboeke bied:

  • Meer as 60 pragtige ontwerpe wat iets vir elke smaak bied
  • Kaartjies wat lesers kan verpersoonlik en met ’n spesiale boodskap afrond
  • Skoon bladsye op keersye waarop lesers na hartelus kan skribbel
  • Geperforeerde bladsye om uit te skeur en met ander te deel
  • Inspirerende aanhalings en Bybelverse

Wees lig sal lesers herinner dat hulle God se ligdraers is terwyl hulle kleur gee aan die see-geïnspireerde ontwerpe en nadink oor die keurig uitgesoekte teksverse.

 Inkleurboek_Wees-Stil.jpg

Inkleurboek: Wees stil

Wees stil is geïnspireer deur die Psalms en sal lesers meevoer in ’n nuwe loflied vir hulle lewe en God se Woord.

Wees lig en Wees stil is spesiaal vir groot mense, maar is geskik vir enige ouderdomsgroep.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R99,95* elk
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.