Insomnia

Leon van Nierop

Insomnia is ’n nuwe roman deur Leon van Nierop en is ’n verwerkte weergawe van die gewilde vervolgverhaal in Vrouekeur.

Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. En sy gaan soek na haar verloofde wat ook hier is vir hulp, maar vir ’n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie?
In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer van slaaploosheid?

Wie al kennis gemaak het met Van Nierop se vermoë om spanning te skep sal nie teleurgesteld wees nie. Insomnia laat die leser van bladsy een af orent sit en boei enduit.

Oor die outeur
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer en regisseur wat reeds 24 vollengteromans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale, ’n kabaret en akademiese boeke. Onder sy gewildste TV-reekse tel Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Sy ander boeke sluit in Vuurvreter (2010), wat ook benoem is vir ’n ATKV-Woordveertjie, en Verklikker wat in 2011 verskyn het.

Uitgewer: LAPA
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Insomnia is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.