Integriteit

Dr. Henry Cloud

Integriteit – dit is meer as net eerlikheid. Dis die eintlike sleutel tot sukses. As iemand oor integriteit beskik, beskik hulle oor die vermoë om dinge te laat uitwerk, ongeag die omstandighede.

In Integriteit ondersoek dr. Henry Cloud die ses karaktereienskappe waaroor mense met integriteit beskik. Hy gebruik stories van bekende sakeleiers en sportfigure wat integriteit demonstreer.

Hierdie boek sal jou leer dat sukses nie net met talent en intelligensie te doen het nie – daar is immers baie slim, talentvolle mense wat nooit sukses behaal nie. Die ware sleutel lê in daardie persoon se karakter – en dis iets wat jy kán ontwikkel, want jou karakter is die sleutel tot jou sukses.

Oor die outeur:
Dr. Henry Cloud is ‘n kliniese sielkundige met ‘n uitgebreide agtergrond in beide die kliniese en die professionele konsultasiewêreld. Hy het ‘n gevestigde privaat praktyk in Kalifornië. As internasionale spreker is hy die skrywer van verskeie topverkopers, waaronder Boundaries, Changes That Heal, Integrity en Nine Things You Simply Must Do. Hy was al die gas gewees op verskeie televisie- en radioprogramme en het al vir verskeie publikasies geskryf.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R159-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.