Is jy hartseer, Beertjie?

Rachel Rivett

Ouma Beer het weggestap. Ver weg. Vir altyd. Beertjie is baie hartseer daaroor. “Hoekom kan alles nie bly soos dit is nie?” wil hy weet. By sy vriende in die diepwoud, by die son en by die maan, kry Beertjie antwoorde op sy vrae. En dit troos hom. ‘n Storie oor afskeid en verlies, aanvaarding en hoop. Deernisvol vertaal deur Linda Rode, met ’n boodskap wat vir kinders en grootmense ewe geldig is.

Oor die outeur
Rachel Rivett is ‘n geslaagde kinderboekskrywer en werk met kinders met gedragsversteurings. Haar geduld en optimisme verseker dat sy wonderlike transformasies sien in die mense waarmee sy werk. Sy het al by verskeie skole, jeug- en kunssentrums gewerk, waar sy jongmense help om die uitdagings van hulle alledaagse lewens op kreatiewe en verbeeldingryke maniere te benader. Tina Macnaughton is ‘n bekende illustreerder, met byna ‘n halfmiljoen van haar boeke reeds verkoop.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R110,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.