Jakkals en wolf

Pieter W. Grobbelaar

’n Versameling Jakkals en Wolf stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar. Skelm Jakkals sal nie skroom om arme ou Wolf aan die pen te laat ry nie. En Wolf leer ook nie sy les nie, maar trap elke keer weer in die spreekwoordelike slagyster wat Jakkals vir hom stel. Stories vol humor, maar ook waardevolle lewenslesse wat geleer word uit die manewales van dié twee geliefde karakters.

Die stories lewer op’n satiriese wyse kommentaar op die een of ander samelewingsaspek; dit is dus didakties van aard. Menslike kwaliteite word aan die diere toegesê solank die diere net met hulle eie, unieke karaktereienskappe menslike handelinge naboots.

Oor die outeur:
Pieter W. Grobbelaar word beskou as die belangrikste verteller van Suid-Afrikaanse volksverhale – wat hy met die grootste sorg en liefde versamel, opgeneem en neergeskryf het – uit ’n magdom van bronne wat nie net in Suid-Afrika nie, maar oral oor die wêreld geraadpleeg is.

Uitgewers: Human & Rousseau
Prys: R199-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.