Japtrap-braai

Hilary Biller

Die braai is sonder twyfel dié gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners. Enige geleentheid – van geesbou tot ‘n belangrike rugby-, sokker-, of krieketwedstryd, tot verjaardae en langnaweke, of net ‘n blaaskans ná ‘n uitputtende week – het nie ‘n tweede uitnodiging nodig om familie en vriende vir ‘n braai bymekaar te kry nie. As dit boonop moeiteloos, met die smakklikste kos kan gebeur, is dit eenvoudig perfek.

Hilary Biller maak die voorbereiding van kos tydens ‘n braai so eenvoudig moontlik. Sy gebruik toeganklike, eenvoudige resepte geskik vir drie soorte braaie – die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die houtskool/hout-braai. Die gasbraai is die maklikste om te bemeester. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike, stap-vir-stap-instruksies weergegee.

Daar is meer as 100 resepte om van te kies en te keur – bees, lamsvleis, vark, hoender, vis en seekos, wildsvleis, vegetariese disse, slaaie en bykosse en nageregte, elkeen met foto’s om jou eetlus aan te wakker. Al wat jy benodig, is jou voorskoot en ‘n braaitang…

Oor die outeur:
Hilary Biller, ‘n gesoute kosredakteur vir die Sunday Times het onlangs selfs meer sukses behaal as die redakteur vir die Food Weekly-bylae. Sy was ook destyds bekend as die “Angela Day” van The Star vir meer as 11 jaar. Sy is ook mede-outeur van The Step-by-Step Cookbook, Bak sonder moeite, en die gewilde Braai-boek en die outeur van Lekker Vinnige Etes, alles uitgegee deur Struik Lifestyle.

Uitgewer: Struik Lifestyle (Random House Struik)
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.