Joernalis deel agter-die-skerms inligting van SA se gruwelikste misdade

De Wet Potgieter by sy boeke. Foto: Phillip Bruwer

De Wet Potgieter by sy boeke. Foto: Phillip Bruwer

Die ervare ondersoekende joernalis en skrywer, De Wet Potgieter, het Woensdagaand sy splinternuwe boek, Grusaam, in Pretoria bekend gestel.

In hierdie boek loop De Wet terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in Suid-Afrika se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl betrek De Wet jou sodat jy deel voel van sake.

Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman André Stander ’n gewetenlose bankrower gemaak?

Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en ’n moontlike mensehandelsaak raakgesien? De Wet vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van dié grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerantopskrifte van gister.

De Wet se boek is by alle toonaangewende boekwinkels beskikbaar teen R220.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.