Joran Noordewind

Lilli Thal

Op pad na die grootse skoenlapperbyeenkoms van sy lewe, word die jong bloutjie Joran na die Klipkoninkryk agter die waterval ontvoer – ’n gruwelike onderwêreld waar gewetenlose kewers die septer swaai, skoenlappers en motte soos slawe werk en ’n parmantige bloutjie óf gedwee diens doen as die Kewerkoningin se borsspeld, óf die gevaar loop om as muurbehangsel in die Saal van Duisend Skoenlappervlerke te eindig.
Maar wat is die geheimsinnige “Eksodus” waarvan agteraf gefluister word? Waarom die spesmaas dat daar méér as koudbloedige haat agter die koningin se ysige blik skuil? Is die Verskriklike Misdadiger werklik so verskriklik en kan ’n twee-gram bloutjie se vernuf ’n kewervolk van ondergang red?

Oor die Outeur:
Lilli Thal (Duitsland, 1960) het ná skool as verpleegster gewerk en daarna ’n meestersgraad in Middeleeuse geskiedenis behaal. In 2002 ontvang sy ’n Martin-toekenning vir haar debuut, Kommissar Pillermeier, wat as die beste kinderspeurverhaal van die jaar aangewys word. Haar historiese avontuurroman Mimus is in 2004 vir die Deutscher Jugendliteraturpreis genomineer, en is in dieselfde jaar ook met ’n Harzburger Eselsohr en die Weense Preis der Jury der Jungen Leser bekroon. Lilli woon in ’n klein dorpie in die noorde van Beiere, naby Neurenberg, saam met haar man, twee kinders en ’n hond.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.