Jou #TuisblyLeeslys, NB Uitgewers het raad

Jy het nie ʼn boek in jou hand nodig om op ʼn verbeeldingsvlug te gaan nie. Hoewel sommige lesers die nuwerwetse leesmetodes vreemd vind, is dít dalk die enigste manier hoe jy jou leeslys gedurende die afsonderingstyd kan aanvul.

NB Uitgewers het onlangs ʼn #TuisblyLeeslys-veldtog van stapel gestuur waarin hulle lesers aanmoedig om boeke te koop en te lees.

Dié omvattende lys bestaan uit ʼn versameling e- en luisterboeke in Afrikaans en Engels. Dit is gekategoriseer volgens genres en sluit onder meer fiksie, niefiksie en poësie in.

Daar is ook ʼn paar aanbevelings vir Christelike leesstof, debuutwerk, jeugfiksie én ikoniese boeke wat op elkeen se kluitklaplys hoort.

E-boeke

Fiksie

  • Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
  • Die verevrou deur Jan van Tonder
  • Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots
  • Vergeet my nie deur François Bloemhof
  • Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
  • Anderman se vrou deur Chris Karsten
  • Skag deur Jaco Wolmarans
  • My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux
  • Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis
  • Die nuwe Afrikaanse Prosaboek deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Niefiksie

  • Spertyd deur Elsa Joubert
  • Toe-Val-Lig deur Amore Bekker
  • Kyk na my: Herinneringe aan ʼn kindertyd deur Nataniël
  • 1 Recce (deel een en twee) deur Alexander Strachan
  • Elders, Sushi en Shosholosa en Koshuis deur Erns Grundling
  • Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey
  • Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy

Kluitklaplys

  • Eilande deur Dan Sleigh
  • Agaat deur Marlene van Niekerk
  • Philida deur André P Brink
  • Toorbos deur Dalene Mathee
  • Horrelpoot deur Eben Venter
  • Sewe dae by die Silbersteins deur Etienne le Roux
  • Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach
  • Buys deur Willem Anker
  • Die Kremetartekspedisie deur Wilma Stockenström
  • Fees van die ongenooides deur PG du Plessis

Poësie

  • Chokers en Survivors deur Nathan Trantraal
  • Ingrid Jonker: Versamelde gedigte
  • Noudat slapende honde deur Ronelda Kamfer
  • Die Gewildste Afrikaanse gedigte saamgestel deur Leserskring
  • die na-dood deur Breyten Breytenbach
  • Mede-wete deur Antjie Krog
  • Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte saamgestel deur Fanie Olivier
  • Karnaval en lent deur TT Cloete

Christelike leesstof

  • Die Bybel in Fokus deur Louis Jonker, Ernst Conradie, Jan Botha
  • Geloof sonder sekerhede: Hoe kan ek nog glo? deur Anton van Niekerk
  • Die seders van Libanon deur Adriana Faling
  • Papierblomme deur Helena Hugo
  • ’n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler
  • Koeke en terte deur Susan Coetzer
  • 100 dae van dankbaarheid deur Francine Prins
  • Hykie Berg: My storie van hoop deur Hykie Berg
  • Vagabond: Is your life worth living? deur Frank Rautenbach
  • Twee kinders later deur Charmé Kriel

Debuutromans en -skrywers

  • Kinnes deur Chase Rhys
  • Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper
  • Stof deur Alettie van den Heever
  • Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock
  • Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp
  • Klikbek deur Sidney Gilroy
  • Verlorenkop deur Celesté Fritz
  • Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit
  • Hy kom met die skoenlappers deur Valda Jansen
  • Wonderboom deur Lien Botha

Wenners van die Sanlamprys vir jeuglektuur

  • Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt
  • Sindikaat deur Annerle Barnard
  • The Music Box deur Toby Bennett
  • Sing Down the Stars deur Nerine Dorman
  • Hap deur Lesley Beake
  • New Keepers deur Jayne Bauling
  • Blou is nie ʼn kleur nie deur Carin Krahtz
  • Soen deur Jan Vermeulen

Boeke vir die jongspan

  • Raaiselster en Raaiselklip deur Troula Goosen
  • Blits (deel een en twee) deur Nadine en Adriaan Blom
  • Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser
  • Liewe Heksie se groot omnibus deur Verna Vels
  • Trompie Omnibus (deel een tot sewe) deur Topsy Smith
  • Saartjie Omnibus (deel een tot sewe) deur Bettie Naudé
  • Speurder Kwaaikofski-reeks deur Jürgen Banscherus
  • Grilgrypers (deel een tot drie) deur De Wet Hugo
  • Leeus met letsels en Brand deur Fanie Viljoen
  • Vlerke vir almal deur Marion Erskine
  • Sweepslag deur Annerle Barnard
  • Elf dae in Parys deur Elizabeth Wasserman
  • Skadujagter deur Dihanna Taute
  • Kraak en Snak deur Rouxnette Meiring
  • Tienerharte (deel een tot vier) deur Cecilia Steyn
  • Die Poort (deel een tot vier) deur Nelia Engelbrecht

Romans

  • Mooier as Marilyn deur Anita du Preez
  • Wierook van verlange deur Annelize Morgan
  • Donatello en Volksie deur Marion Erskine
  • Ena Murray Keur 19
  • Die lente kom weer deur Christine le Roux
  • Elsa Winckler Eerste Keur
  • Waar liefde begin deur Schalkie van Wyk
  • ’n Soort van bevryde vrou deur Kristel Loots
  • Bloudruk vir die liefde deur Susan Pienaar
  • Vlug na Santorini deur Malene Breytenbach

Luisterboeke

  • 13 Uur, Ikarus, Kobra, en Prooi deur Deon Meyer
  • Anderkant die scrap en Op pad: ’n Reisjoernaal deur Dana Snyman
  • Die blou van onthou deur Marita van der Vyver
  • Die gasheer van Drakeneiland en Plekkie in die son deur Ena Murray
  • Die swerfjare van Poppie Nongena en Spertyd deur Elsa Joubert
  • Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper
  • Die Verdwyning van Mina Afrika deur Zuretha Roos
  • Die-kwart-voor-sewe-lelie deur Eleanor Baker
  • Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie
  • Droomdelwers deur Esta Steyn
  • Dubbelspel, Eindspel en Rebecca deur Wilna Adriaanse
  • Elders deur Erns Grundling
  • Fees van die ongenooides deur PG du Plessis
  • Fiela se kind en Kringe in ’n bos deur Dalene Matthee
  • Huilboek deur Ryk Hattingh
  • Is Sagie deur Jan van Tonder
  • Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey
  • Kamikaze deur Rudie van Rensburg
  • Kamphoer deur François Smit
  • Katryn: Vrou van die Richtersveld deur Jan Huisamen
  • Kinnes deur Chase Rhys
  • ’n Ander land deur Karel Schoeman
  • Plesierengel deur Leon van Nierop
  • Skoenlapper deur Irma Venter
  • Stormkind deur Riana Scheepers
  • Voetpad na Vergelegen deur Chris Barnard

Kinder- en jeugfiksie

  • Die avonture van Hanna Hoekom deur Marita van der Vyver
  • Die mooiste sprokies van Grimm deur Marita van der Vyver
  • Die dingesfabriek (deel een): Jannus en Kriek op die maan deur Elizabeth Wasserman
  • Huppelkind deur WO Kühne
  • In die land van pamperlang deur Linda Rode
  • Jakkals en Wolf deur Pieter Grobbelaar
  • Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt
  • Onderwêreld deur Fanie Viljoen
  • Rympies vir pikkies en peuters deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit
  • Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck
  • Vlerke vir almal deur Marion Erskine
  • Wielie Wielie Walie deur Louise Smit

Christelike fiksie

  • Die grafte jubel deur Esta Steyn
  • Man van Cirene deur FA Venter
  • ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo

Lees en luister só na elektroniese boeke

Jy het nie ʼn spesiale toestel of Kindle nodig om e-boeke te lees of daarna te luister nie. Dis só maklik soos om die Amazon Kindle, Kobo of Snapplify-toepassings op jou slimfoon, tablet of rekenaar af te laai. Suid-Afrikaners kan NB Uitgewers se boeke op enige van die volgende platforms (wat oop gaan bly tydens inperking) aankoop:

Om die e-boek op Takealot te lees, moet jy ʼn gepaste toestel hê. Jy kan dit doen deur ʼn Adobe ID te registreer en die e-leser by Takealot af te laai.

Luisterboeke kan by Audible.com gekoop en op jou rekenaar, tablet of slimfoon geluister word. Laai bloot die Audible-toepassing af en begin luister. Jy kan vir Audible se maandelikse lidmaatskap inteken of jy kan boeke een-een aankoop sonder ʼn maandelikse fooi.

NB Uitgewers se #TuisblyLeeslys bevat ʼn groot verskeidenheid leesstof wat ou en nuwe boeke insluit. Dié lys sal sorg dat 21 dae se afsondering in ʼn oogwink verbygaan.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae