Program: Kalfiefees Boekbesprekings
‘n Spesiale tent word vanjaar opsy gesit vir skrywers en boeke. Die Roostent sal uit die tent langs die De Wetsaal lei en bekendes kom daar oor hulle boeke gesels.
Saterdag 6 Augustus 13:00 – 14:00
- Elna van der Merwe, redakteur van Huisgenoot se boekebylaag, gesels met Martie Retief Meiring, skrywer van Elita en haar lewe met F.W. de Klerk en meer onlangs Janie du Plessis – ‘n Keuse vir die lewe.
- Elsabé Brits, skrywer van Kyk my in die oë en Esje du Toit, skrywer van Skoppelmaaijare praat met Petrovna Metelerkamp oor hulle lewe met bipolêre depressie.
- Ian Smit lees voor uit sy digbundel Grenslose Verse. Trisa Hugo gesels met hom oor sy lewe as voltydse skrywer.
- Louise Smit, bekende skepper van Haas Das en skrywer van talle kinderboeke, gesels oor Wielie Walie.
Saterdag 6 Augustus 16:00 – 17:00
- Elzilda Becker, eienaar van De Kat vertel die suksesverhaal van ‘n Afrikaanse tydskrif.
- Gerrit Rautenbach gesels met Gerard Scholtz oor sy bundel kortverhale, Kopreis.
- Winnie Rust gesels met Gerard Scholtz oor haar bundel, Margie van die seminary en ander kortverhale.
- Cas van Rensburg stel sy nuwe boek bekend: Die prinses in elke vrou.
Maandag 8 Augustus 11:00 – 12: 00
- Dirk en Reinet Nagtegaal vertel van hulle lewe as skrywers en hulle boeke Kok en skinker, Abrakadabra en In limbo, waarvan hulle dogter Jackie medeskrywer was.
- Trix Pienaar, geliefde aktrise, gesels oor haar kookboek, Kaapse Kontreikos.
- Chanette Paul, gewilde skrywer van liefdes- en spanningsromans, vertel meer oor haar reeks Springgety, Fortuin, Boheem en Dryfhout.
- Jan van Tonder, skrywer van Roepman, deel die suksesverhaal van sy roman en die film wat daarop gevolg het.
Maandag 8 Augustus 16:00 – 17:00
- Murray la Vita praat met Cas van Rensburg oor sy ervarings as rubriekskrywer en sy boek Gesprekke met merkwaardige mense.
- Kerneels Breytenbach, bekende uitgewer, fynproewer en skrywer van Skoon grapboek, Die ding tussen man en vrou en 7de Laan kook gesels oor sy lewe met boeke.
- Anna Celliers, gewilde skrywer van Tuinmaak met eie goed stel haar nuwe boek bekend: Wat kan ek plant?
- Derrick Dickens praat met Pieter Schoombee oor sy boek An Illustrated History of the Fleet Air Arm 1938 – 2006
Vir meer oor die Kalfiefees klik hier