Kammaland

Helena J. F. Lochner

Kammaland is ‘n pragtige kinderboek met 13 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees en selflees deur kinders in Graad 3 en hoër. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.

Die kleurvolle illustrasies is deur Liezl Potgieter gedoen wat ook Kleuterland illustreer het.

Oor die outeur
Helena J. F. Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”. Sy het ook die meeste van haar eie boeke illustreer.

Uitgewers: Protea
Prys: R150-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.