Kapabel

Steve Hofmeyr

In hierdie oomblik voor hy homself om die lewe bring, hersien Desmond die pad wat hom gelei het tot hier.

Om homself en sy lot te verander moes Danie Fourie meer doen as ontsnap uit ‘n tronk. Hy moes uitstyg en Desmond Faure word, homself herskep ver weg van Krugersdorp. Hy moes sy siel verkoop, iemand ompraat, sy verlede verbloem, sy geluk maak swaai soos Pretty Woman. Hy moes ‘n ander kitaar leer slaan.

“Country song for ever lost its soul, when the guitar player turned to rock ‘n roll…”

Maar in die donker kantlyn van menslike gedrag val gewone reëls gou weg. Dit kos ‘n kenner om deur die mooi afwerking te sien. Probleem is, soveel sonde laat homself nie sommerso afskud nie. En Desmond weet hy is steeds Danie, maak nie saak wat nie. Almal aanvaar sy nuwe persona. Almal hou van hom. Hy raak selfs verlief.

Toe ontplof alles.

Oor die outeur:
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinum-status vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ‘n topverkoper in 2008, en sy twee romans, Vier briewe vir Jan Ellis en Die verste uur, is gunstig deur kritici ontvang.

Uitgewer: Zebra Press/Random House Struik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.