Antje Damm
Karnallies is baie stout.
En vreeslik ongeskik.
Maar as dit saakmaak,
help hulle mekaar!
Is daar nie ’n karnallie
in elke kind nie?
Oor die outeur:
Antje Damm is in 1965 in Wiesbaden, Duitsland, gebore en het in Darmstadt argitektuur gestudeer. Sy woon met haar man en vier dogters naby Giessen. In al haar boeke merk ’n mens haar besondere begrip van kinders op.
Oor die vertaler:
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program Leeskring. Hy is ’n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering