Karos orie dyne

Hans du Plessis

Karos orie dyne is ’n splinternuwe bundel met Griekwapsalms deur Hans du Plessis. Dit is weereens oorspronklike gedigte in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes en bevat die res van die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos van die gelykenisse. Die bundel volg op Innie skylte vannie Jirre, Du Plessis se eerste versameling Griekwaverse wat in 2001 verskyn het en waarvan daar al byna 70 000 eksemplare verkoop is. Die tweede bundel Boegoe vannie liefde – Hooglied in die Kalahari, het meer as 10 000 boeke verkoop. En nou, tien jaar later, verskyn daar ’n nuwe bundel met Griekwapsalms uit die pen van dieselfde skrywer.

Die gedigte vertel van die skepping, die voorspelling en geboorte van Christus, die kruisiging en die einde van die aarde, maar veral van die Groot Genade. Bekende sowel as minder bekende Skrifgedeeltes word weer nuut gemaak deur die seggingskrag van hierdie variëteit van Afrikaans en die treffende transponering van die Bybelse omgewing na dié van die Kalahari. Die verse verras weer met die vernuwing van die Bybelse metafore.

Oor die outeur
Hans du Plessis is in Pretoria gebore en matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, studeer by Tukkies, Unisa en later aan Harvard in die VSA. Na ses jaar in die onderwys, eers in Johannesburg en daarna op Evander, doseer hy Afrikaanse Taalkunde aan Unisa en RAU en word in 1981 professor in Afrikaans aan die PUK. Tussen 1990 en 2011 was hy professor in Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit. Tans is hy voltyds skrywer en navorsingsgenoot in die Skool vir Tale van die NWU.

Hans en sy vrou Magdaleen woon al die afgelope twee en dertig jaar op Potchefstroom. Hulle het vier getroude seuns en sewe kleinkinders

Uitgewers: LAPA
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Karos orie dyne is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad vir die E-boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.