Klassiek reeks: ’n Ander land

Karel Schoeman

Teen die einde van die negentiende eeu kom ’n middeljarige besoeker uit Europa in die binneland van Suid-Afrika aan. Versluis is ’n afsydige Nederlander wat na Bloemfontein kom om van tering te herstel. Hy verken die vreemde land en doen algaande kennis en begrip op van dít wat tot dusver vir hom vreemd was. Dit word ook, uiteindelik, ’n voorbereiding op die onafwendbare einde van die reis: die dood. Die “ander land” word nie net geografies bedoel nie, maar ook die reis na die onbekende.

Oor die outeur
Karel Schoeman is op 26 Oktober 1939 in Trompsburg in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1956 aan die Hoër Jongenskool in die Paarl. In 1959 verwerf hy ’n B.A. Tale aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1961 sluit hy by die Fransiskaanse Orde in Ierland aan as novisiaat vir priesterskap, maar keer dan terug na Bloemfontein om ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde te verkry. Voordat hy in 1983 finaal na Suid-Afrika terugkeer, is hy onder andere bibliotekaris in ’n Amsterdamse biblioteek en verpleër in Glasgow, Skotland. Hy het van 1983 tot met sy aftrede in 1998 as argivaris by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad gewerk. Tans woon hy op sy geboortedorp, Trompsburg.

Karel is nie net bekend as romanskrywer nie, maar ook as historikus en vertaler. Hy het al drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang in 1971 (By Fakkellig, ’n Lug vol helder wolke en Spiraal), 1986 (’n Ander land) en 1995 (Hierdie lewe). Hy het die Recht Malan-prys vir niefiksie al vier keer ontvang. Sy outobiografie wat in 2002 verskyn het, is getiteld Die laaste Afrikaanse boek.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R210,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.